GalleriesSchools galleries

Felicitas leerders leer skaak speel

Leerders van Laerskool Dalview het verlede Vrydag Felicitas Skool besoek om die leerders speel-speel die reëls van skaak te leer.

“Ek glo hierdie is ’n fantastiese inisiatief om Felicitas Skool se leerders sosiaal en kognitief te stimuleer,“ het Kathy Craddock, ’n senior fase onderwyser van Felicitas Skool, gesê.

Die dag het vir pret gesorg en die Felicitas leerders het vinnig die reëls van die spel geleer.

“Ons is verbaas oor van die Felicitas leerders wat sommer vinnig die ander in skaakmat gesit het,” het Felicitas se adjunkhoof, Louise Basson, vertel.

Die Felicitas leerders het die leerproses terdeë geniet en terselfdertyd nuwe maats ook gemaak.

 

Related Articles

Back to top button