BlogsOpinion

In die kollig

Leer ken Mona Loubser.

Mona Loubser (52) is een van die stigters van die Jabes Sorgsentrum in Brakpan. Die sorgsentrum is ‘n plek van veiligheid waar seuns tussen die ouderdomme van sewe en 13 jaar gehuisves word. Sy en haar man, Frederick (55), is albei betrokke by die sentrum en het jare se ervaring in die veld. Mona het ook drie kinders van haar eie, Xavier (30), Farrelle (22) en Monique (18).

• Wat het jou laat besluit om Jabes op die been te bring?

Daar is ‘n groot nood in die gemeenskap daarvoor. Daar is ook leemtes in kinderhuise. Ek en my man het ook amper 30 jaar ondervinding in die veld en ons wil graag belê in die volgende generasie.

• Hoeveel kinders word daar tans gehuisves en hoeveel kinders kan jy akkommodeer?

Daar is tans 14 kinders, maar die plek is goedgekeur om 23 kinders te kan huisves. Ek glo in kwaliteit versorging en nie in kwantiteit versorging nie omdat ons kinders individuele aandag nodig het.

• Jy is al lank in die bedryf van maatskaplike werk. Vind jy dat mense dit al moeiliker vind om kop bo water te hou?

Ja, as gevolg van werkloosheid, misbruik van dwelms, alkohol en egskeidings.

• Wat sal jou raad wees aan ouers, wat jong kinders het, en nog die pad van opvoeding moet stap?

Om Jesus in te nooi, biddend te wees, ferm teenoor jou kinders te wees en nie die rol van die kind te neem nie. Die grootmens moet verantwoordelikheid neem en nie selfsugtig optree nie.

• Jabes ontvang nie ‘n staatsubsidie nie. Hoe hou julle kop bo water?

Ons is grotendeels afhanklik van borge, hulp van die gemeenskap en die inkomste wat my man ontvang.

• Wat het julle op ‘n gereelde basis nodig?

Kontant, voedsel, krag, toiletware en skoonmaakmiddels.

• Wat maak jou op die plek kwaad?

Beloftes wat nie nagekom word nie, ongevraagde inmengery en verskuilde agendas.

• Wat doen jy om te ontspan?

Ek luister graag na geestelike musiek en tuinmaak.

• Wie is jou rolmodel en hoekom?

Ds Johan en sy vrou, Annette Smith. Hulle is mense wat met ander mense kan werk. Hulle het ook deursettingsvermoë, sin vir humor, positiewe gesindheid en is altyd gasvry.

• Waar sien jy jouself oor tien jaar?

Ek wil graag ‘n opleidingsentrum oopmaak vir kinder- en jeugsorgwerkers.

• Enigiets wat jy wil byvoeg?

Ons woon saam met die kinders. Ons deel hulle hartseer en pyn. Ons help hulle om bo hulle omstandighede te kan styg en ook dissipline, respek, omgee, liefde en waardering te toon, en om ook te besef om altyd biddend te wees, nooit ophou hoop nie, glo en vertrou. It takes a whole village to raise a child.

Lees ook:

Kitt kuier in Brakpan

Related Articles

Back to top button