CrimeEditor's noteNews

Dwelms van meer as R1 miljoen in Dalpark gekry

‘n Man en vrou is gearresteer op aanklagte van die besit van dwelms en handeldryf in dwelms.

‘n Spesiale optrede wat vroeër vandag uitgevoer is deur die SAPD het daartoe gelei dat dwelmmiddels ter waarde van meer as R1 miljoen in ‘n huis in Dalpark Een gevind is.

Volgens inligting van die SAPD is daar vanoggend toegeslaan by ‘n huis in Hullstraat.

Beslag is gelê op ‘n verskeidenheid dwelmmiddels met ‘n waarde van ongeveer R1,3 miljoen.

‘n Man (44) en vrou (39) is gearresteer op aanklagte van die besit van dwelms en handeldryf in dwelms.

Albei word aangehou totdat hulle môre (Vrydag) in die Brakpan Landdroshof sal verskyn.

Lees ook:

Parents be warned: This is where your child could be hiding drugs

Police weed out drugs at rehab centre

Related Articles

Back to top button