Local newsNews

Liggaam in dorp gevind

Die lewelose liggaam van ‘n middeljarige man is vanoggend net na 8vm deur twee verbygangers in Queenlaan, in ‘n parkeerterrein ontdek.

Inwoners van die omgewing het aan die Herald gesê dat die persoon ‘n welbekende karwag was, wat al vir sowat tien jaar voertuie in Voortrekkerweg opgepas het.

Hy het glo op ‘n trappie in die parkeerarea geslaap.

Dit is ook waar sy liggaam vanoggend, onder ‘n paar verslete komberse, ontdek is.

Sy naam is bekend maar word weerhou totdat sy naasbestaandes in kennis gestel word.

Dean Goodwin (26), wat naby die parkeerarea woon, het vanoggend net na 8vm daar verby geloop en na die hawelose man geroep aangesien hy hom ken.

“Hy het nie geantwoord nie en ek het nader gegaan. Ek het toe gesien dat hy nie meer leef nie en het ook gevoel of ek ‘n pols kon kry maar daar was niks,” het Goodwin gesê.

Hy het die SAPD gekontak.

Charmaine Lourens, wat in Queenlaan woon, het gesê dat die man wel bekend was en dat hy inderdaad al vir sowat tien jaar op straat gewoon het.

“Hy het gister nie goed gevoel nie en ek het nog vir hom gesê om hulp te kry. Hy het net daar gesit en hy kon skaars loop,” het Lourens gesê.

Lees ook:

Reeksmoordenaar in Brakpan: Polisie verduidelik

Opvolg: Lyk op sypaadjie — dit is wat met die hondjie gebeur het

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button