Editor's choiceNewsSchools

Dorp se skole verbied “fidget spinners”

Die kennisgewing dui aan dat leerders nie oplet in die klas nie en dat dit steurend is vir onderwysers en leerders, wat wel wil werk.

Ten minste twee skole van die dorp het die ouers en leerders in kennis gestel dat “fidget spinners” nie meer welkom is op die skoolterrein nie.

Die nuwe speelding word deesdae in byna elke kind se hand gesien en lei tot groot frustrasie vir onderwysers.

Die “tol” is ’n klein metaal- of plastiekapperaat met drie punte, wat in die hand getol kan word.

Alhoewel dit blykbaar ontwerp is vir kinders met aandaggebreksindroom (ADD), outisme of angstigheid, verkoop die “spinners” soos soetkoek en loop byna elke kind met een in die hand rond.

Op Hoërskool Die Anker se Facebook-blad was daar hierdie week ’n kennisgewing aangebring, wat aangedui het dat die skool die nuwe “katoeter” verbied.

Die kennisgewing dui aan dat leerders nie oplet in die klas nie en dat dit steurend is vir onderwysers en leerders, wat wel wil werk.

Die skool het die nuwe “katoeter” verbied en dit sal weggeneem word van leerders en weer aan die einde van die jaar teruggegee word.

Chris Pretorius, hoof van die Laerskool Dalview, het aan die Herald gesê dat die “spinners” ook voortaan in sy skool verbied gaan word.

“Die kinders raak moeilik met mekaar wanneer hul glo iemand het hulle ‘spinner’ gesteel en diefstal van ‘spinners’ is algemeen,” het Pretorius gesê.

“Ons graad sewe leerders kry die geleentheid om op Woensdae goedere te verkoop en een van die mees suksesvolste verkopers is juis die ‘spinners’. Verkope hiervan sal ook verbied word,” het Pretorius bygevoeg.

Lees ook:

Healthy Friday: SA’s first free ADHD screening for children launched

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button