Local newsNews

Kom ontmoet vir Kitt

In ‘n poging om broodnodige fondse vir die Jabes Sorgsentrum in te samel, word ‘n pretdag beplan, wat op 3 Junie sal plaasvind.

Die Jabes Sorgsentrum is ‘n plek van veiligheid waar seuns tussen die ouderdomme van sewe en 13 jaar gehuisves word.

Die sentrum is in Mei, verlede jaar, deur Mona Loubser op die been gebring en ontvang geen staatsubsidie nie. Dus is dit totaal afhanklik van donasies en die goedhartigheid van die publiek.

In ‘n poging om broodnodige fondse vir die Jabes Sorgsentrum in te samel, word ‘n pretdag beplan, wat op 3 Junie sal plaasvind.

Verskeie kunstenaars gaan deur die loop van die dag optree.

Die publiek kan ook stalletjies bespreek en die Chevy en Lumina Groep gaan hul voertuie uitstal.

Iets waarna oud en jong beslis kan uitsien is dat Kitt, van “Knight Rider” faam, ook ten toon gestel sal word.

Die pretdag vind te Taftlaan 7 plaas maar onderhandelinge is in plek om die straat vanaf Voortrekkerweg vir verkeer te sluit, om spasie te maak vir die uitstallers en die aktiwiteite.

Vir stalletjie besprekings kan Jolene van Zyl by 076 472 5491 gekontak word.

Related Articles

Back to top button