Local newsNews

Só kan jy help om die dorp skoon te kry

DA raadslid Stefanie Ueckermann het gesê dat sy Afriforum, die skole in die dorp asook ander organisasies en die publiek wil betrek by ‘n massa skoonmaak-projek,

‘n Groot skoonmaak-projek, waarby soveel inwoners moontlik betrek gaan word, word tans beplan in ‘n poging om die huidige benarde toestand van die dorp te verbeter.

Die DA raadslid Stefanie Ueckermann en ‘n handjie vol vrywilligers het gisteroggend (Maandag) ‘n oefenlopie gehad en die park, aangrensend aan die Dalview Tennisbane, gaan skoonmaak.

Dié park, soos vele ander in die dorp, is ‘n seeroog en toegegooi onder die rommel.

“Die dorp is op die oomblik baie vuil en die Ekurhuleni Metro is vol verskonings,” het Ueckermann gesê.

“Daar is baie verskonings maar die hoofrede is dat daar nie tydelike of permanente werkers is om die strate van die dorp skoon te maak nie,” het Ueckermann gesê.

“Ek vertrou dat die posisies gevul sal word wanneer die nuwe begroting aan die einde van Junie in werking tree, maar ons kan nie in tussentyd hande gevou sit nie,” het sy bygevoeg.

Ueckermann het gesê dat sy Afriforum, die skole in die dorp asook ander organisasies en die publiek wil betrek by ‘n massa skoonmaak-projek, wat vir 20 Mei beplan word.

Meer besonderhede oor die projek sal bekend gemaak word.

“Die dorp lyk deesdae erger as ooit en indien ons saamstaan kan ons ‘n verskil maak,” het Ueckermann gesê.

Persone wat wil betrokke raak by die projek kan vir Ueckermann kontak by 076 541 9717.

Lees ook:

Almal kla maar niemand lig ‘n vinger nie

KYK NA FOTO’S: Die dorp is in ‘n haglike toestand

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button