Editor's noteLettersOpinion

Dronkie raas so erg dat die honde tjank

Inwoner, Minnebron, skryf: Jy is al lankal ‘n pyn vir baie mense in die buurt, maar die afgelope naweek het jy jou ware kleure gewys.

Inwoner, Minnebron, skryf:

Ek wil tog vir my buurman (en hy sal baie beslis weet wie hy is) dankie sê dat hy die hele Paasnaweek vir ons versuur het.

Inteendeel, glo ek dit was nie net ons wat deurgeloop het nie maar almal in die omgewing.

Meneer, ek dink jy moet ophou drink, want jy kan glad nie jou drank hanteer nie.

Dit is ook duidelik dat jy vroeg in die oggend begin en baie laat ophou. En by jou is dit ‘n geval van hoe later, hoe kwater.

Jou arme vrou en kinders word verskreeu, die musiek word harder, inteendeel so hard dat die honde tjank.

Jy is al lankal ‘n pyn vir baie mense in die die buurt, maar die afgelope naweek het jy jou ware kleure gewys.

Die was ‘n Paasnaweek en ‘n naweek wanneer mense met ‘n Christelike geloof rustig wil wees saam met hul gesinne. Jy het dit baie onaangenaam gemaak.

Ek weet nie hoe jou lewer dit kan hou as jy vir vier dae so aanmekaar drink nie. Nog minder weet ek hoe jou vrou, kinders en selfs jou honde dit hou.

Lees ook: 

Dronk vloekende man spuit motoris met pepersproei

Besope man gil by hek, ontstel kinders

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button