Editor's choiceLocal newsNews

Blikkie skud kry goeie ondersteuning

Die DBV beplan om die blikkie skud projek op ‘n maandelikse basis te laat plaasvind.

Vrywilligers het Saterdag, by die verkeersligte geleë by Mall@Carnival, in die warm son gestaan om geld in te samel vir die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV).

Danksy die publiek se vrygewigheid, is ’n bedrag van R6 495 binne drie ure ingesamel.

Die DBV beplan om die blikkie skud projek op ‘n maandelikse basis te laat plaasvind.

Die geld, wat ingesamel is, sal aangewend word om die veearts- en brandstofrekening vir April maand te dek en ook om die nodige mediese voorraad aan te koop.

Persone wat belangstel om die DBV op een of ander manier te help, kan vir Ming Church, die bestuurder van die DBV, kontak by 011 742 2007 of deur ‘n e-pos te stuur na manager@brakpanspca.co.za

Lees ook: Brakpan DBV trek noustrop

DBV winkel open sy deure

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button