CrimeEditor's choiceNews

Rower dreig jongmense met vuurwapen, vat selfone

“Ek het gedink hy bedel vir geld en het kleingeld uitgekry om vir hom te gee.”

‘n Jong paartjie van die dorp is Saterdagmiddag deur ‘n man met ‘n vuurwapen gedreig en van hulle selfone beroof.

Die voorval het net voor 12 middag by die Stoffberg-duikweg plaasgevind.

Dimitri Tsiakos (20) en sy 18-jarige vriendin (daar is gevra dat haar naam nie gepubliseer word nie), was op pad om pizzas te koop toe hulle by die verkeerslig op die hoek van Stoffberglaan en Goodsweg, in die duikweg stilgehou het.

“Daar was twee voertuie voor ons en ek het uit die hoek van my oog gesien hoe ‘n man met ‘n rooi hemp nader aan my kar beweeg,” het Tsiakos vertel.

“Ek het gedink hy bedel vir geld en het kleingeld uitgekry om vir hom te gee.”

“Die volgende oomblik het hy ‘n vuurwapen deur die ruit, aan my vriendin se kant, gedruk en gesê dat hy ons selfone soek,” het Tsiakos verduidelik.

“Die man het ook gedreig om ons te skiet en ons het noodgedwonge ons fone aan hom oorhandig.”

“Ek het dit op ‘n stadium oorweeg om te probeer om die vuurwapen af te neem maar ‘n mens kan nie kanse waag met jou lewe nie. My vriendin se veiligheid was ook ‘n prioriteit,” het Tsiakos gesê.

Nadat die selfone aan die rower oorhandig is het die rower weggehardloop en etlike meters verder in ‘n minibus taxi gespring en weggekom.

Lees ook:

Rowers teiken nog ‘n ma met kind in stootwaentjie

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button