CrimeEditor's choiceNews

Is jou motor regtig gesteel?

Kapt Peet van der Schyff van die Brakpan SAPD het gewaarsku dat kansvatters uitgevang sal word.

Om jou voertuig as gesteel aan te meld in ‘n poging om jou versekeringsmaatkappy of die SAPD ‘n rat voor die oë te draai kan jou duur te staan kom.

Kapt Peet van der Schyff van die Brakpan SAPD het gewaarsku dat kansvatters uitgevang sal word.

“Ons het onlangs ‘n voorval gehad waar ‘n persoon sy voertuig as gesteel aangemeld het,” het Van der Schyff gesê.

“Nadat ons na beeldmateriaal van sekuriteitskameras gekyk het en ooggetuies en karwagte ondervra het, is daar bevind dat die persoon nooit eens in ‘n voertuig by die spesifieke plek opgedaag het nie.

“So ‘n vals verklaring kan baie negatiewe gevolge vir die betrokke persoon hê,” het Van der Schyff gewaarsku.

Lees ook: 

Pasop! Diewe soek nuwe speelgoed

Diewe steel graag batterye

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

Related Articles

Back to top button