CrimeNews

Moord op geliefde wetstoepasser na ‘n jaar onthou

Maj Coert Jordaan is op 27 Januarie 2016 vermoor terwyl hy by Aston Lake in Springs visgevang het.

Vandag, presies een jaar gelede, is die gemeenskap geskok  deur die moord op ‘n geliefde en vooraanstaande inwoner van die dorp.

Maj Coert Jordaan, wat die bevelvoerder van die EMPD se Berede Eenheid was, was nie net ‘n toegewyde wetstoepasser nie, maar hy was ook ‘n vriend van vele.

Hy is op 27 Januarie 2016 vermoor terwyl hy by Aston Lake in Springs visgevang het. Sy liggaam is in lang gras ontdek.

Jordaan se Nissan Navara en selfoon is ook gesteel. Dit is na intensiewe ondersoek werk teruggevind.

Sy sinnelose moord het sy gesin, familie, vriende en kollegas stom gelaat en sy begrafnis is deur honderde mense, wat hul laaste eer betoon het, bygewoon.

Twee verdagtes wat aanklagtes van moord, besit van ongelisensieerde vuurwapens, roof met verswarende omstandighede en die besit van ’n gesteelde voertuig in die gesig staar, het weer Dinsdag in die Springs Landdroshof verskyn.

Die saak is tot 20 Maart uitgestel.

Lees ook:

EMPD lid langs viswater vermoor

Moord op maj Jordaan: Ma praat

Honderde betoon laaste eer aan vermoorde maj Coert Jordaan

Related Articles

Back to top button