CrimeEditor's noteNews

Gedeeltelik ontbinde lyk van vrou gevind

Die liggaam van ‘n vrou is vanmiddag in ‘n oorgroeide veld gevind.

Die liggaam van ‘n vrou is vanmiddag (Dinsdag) in ‘n oorgroeide veld, op die hoek van Germainslaan en Highstraat, gevind.

Lede van die Brakpan SAPD is tans op die toneel en ‘n woordvoerder het bevestig dat die liggaam gedeeltelik ontbind is.

Volgens inligting het die vrou rooi hare, wat vermoedelik gekleur is. Sy het ‘n swart broek en swart top gedra.

Meer inligting sal volg.

Lees ook:

Opvolg: Lyk op sypaadjie

 

 

Related Articles

Back to top button