LettersOpinion

Strenger boetes is nodig

Ek weet sommer ek gaan volgende jaar weer kla, want niks gaan verander nie.

Stem Saam, Brenthurst, skryf:

Met verwysing na die brief in die Herald van 12 Januarie, “Vuurwerke ry gesin se vakansie in die wiele“.

Ek stem 100 persent saam met die skrywer van die brief. Brenthurst was vanjaar weer, soos in die verlede, die uitverkose plek om vuurwerke af te vuur.

Ek wou ‘n video neem van my twee verskrikte poedels, maar hulle het so rond gehardloop en gebewe dat ek dit nie kon regkry nie.

Wat ek net nie kan verstaan nie is dat die verpeste goed steeds te koop is.

As daar ‘n verbod op die invoer daarvan geplaas word of op die vervaardiging daarvan sal daar tog sekerlik baie minder probleme wees.

Ek dink ook dit is hoogtyd dat mense groot boetes opgelê word, maar daar sal altyd seker ‘n verskoning wees dat daar nie genoeg mannekrag is om die skuldiges aan die pen te laat ry nie.

Hierdie totale misbruik van vuurwerke vind ongelukkig juis oor die feesseisoen plaas, wanneer almal maar te lui is om hul werk te doen.

Ek weet sommer ek gaan volgende jaar weer kla, want niks gaan verander nie.

Lees ook: 

Nuuswenke is altyd welkom 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button