NewsSchools

Hoërskool Die Anker se matrikulante spog met 112 onderskeidings

Die leerders het altesaam 112 onderskeidings ingehark en 41 persent het met universiteitstoelating geslaag.

Agt van die 112 onderskeidings wat deur die 2016 matrieks van Die Anker behaal is behoort aan die hoofdogter van die skool, Alizma Britz.

Die Anker se uitblinker is Alizma Britz, wat met agt onderskeidings geslaag het
Die Anker se uitblinker is Alizma Britz, wat met agt onderskeidings geslaag het

Alizma het onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, besigheidstudies, rekenaartoepassingstegnologie en ekonomie.

Die ander 250 Ankers, wat die eindeksamen geskryf het, het ook nie teleurgestel nie.

Die leerders het altesaam 112 onderskeidings ingehark en 41 persent het met universiteitstoelating geslaag.

Die skool se slaagsyfer het die 100 persent mylpaal rakelings  met ’n skrale 0.40 persent gemis.

Die ander uitblinkers was Michelle de Wet, Leoné Maree en Isabel van der Vyver, wat elk vyf onderskeidings los geskryf het.

Lee-Andri Ebersohn en Joleen Els het elk vier onderskeidings ontvang.

Kyk hier na meer foto’s

FOTO’S: Prag en praal by verlede jaar se matriekafskeide

Related Articles

Back to top button