CrimeEditor's noteNews

Waarskuwing: Hekmotor-diewe is weer erg bedrywig

Kapt Peet van der Schyff van die Brakpan SAPD het gesê dat die euwel die afgelope tyd weer kop uitgesteek het.

Huiseienaars wat elektroniese hekke het moet maar op die uitkyk wees aangesien hekmotors weer links en regs gesteel word.

Kapt Peet van der Schyff van die Brakpan SAPD het gesê dat die euwel die afgelope tyd weer kop uitgesteek het.

“Verskeie voorvalle waar elektroniese hekke se hekmotors gesteel word is die afgelope tyd aangemeld,” het Van der Schyff gesê.

Volgens hom word daar nie ’n spesifieke area geteiken nie en is die voorvalle wyd verspreid oor die dorp.

“Dit is ’n goeie idee om die hekmotors stewig met ’n steunarm aan die grond of binne die eiendom vas te anker,” het Van der Schyff gesê.

“Dit is ook wys om ’n steunarm aan die bokant van die hek aan te bring. Diewe lig maklik ’n hek van die spoor af en dié voorsorgmaatreël kan dit voorkom,” het hy bygevoeg.

Lees ook:

Kriminele slaan toe in die hitte

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Back to top button