CrimeEditor's choiceNews

Motoris steek vermeende kaper in gesig

“Ek het die man gegryp en sy bolyf in die motor getrek waarna ek hom twee keer met die mes gesteek het."

’n Vermeende kaper het gisteroggend (Woensdag) sy rieme lelik styf geloop toe hy ’n jong motoris se motor probeer kaap het.

Claudio Fagan (28) van Dalview se vinnige reaksie het daartoe gelei dat die kaper sleg tweede gekom het.

Fagan het aan die Herald vertel dat hy Woensdagoggend ongeveer 6.50vm op die hoek van Afrikanerweg en Gloucesterlaan by die stopteken stilgehou het.

“Ek het ’n sigaret aangesteek en die volgende oomblik het ’n man, met baie donker gelaatstrekke, ’n vuurwapen teen my wang gedruk,” het Fagan vertel.

“Die man het my beveel om uit my voertuig te klim.”

“Die vuurwapen het eg gelyk, maar ek kon dadelik sien dat dit nie die ware Jakob was nie.”

Fagan het die vorige dag biltong in sy Volkswagen Polo geëet en die Okapi mes wat hy gebruik het was nog in sy voertuig.

“Ek het die man gegryp en sy bolyf in die motor getrek waarna ek hom twee keer met die mes gesteek het.

Die eerste keer het ek hom onder die ken gesteek, waarna hy weggeruk het. Ek kon hom ’n tweede keer skrams steek,” het Fagan gesê.

Die booswig het daarna weggehardloop en Fagan het weggery.

“Ek het instinktief opgetree en bloot net myself probeer beskerm,” het Fagan gesê.

Die voorval is by die SAPD aangemeld.

Die Herald het verlede maand berig oor ’n vrou wat op presies dieselfde hoek ook die teiken van ’n vermeende kaper was.

Lees die volledige berig hier: Vrou slaag daarin om weg te jaag toe kaper poeier in haar gesig gooi 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button