LettersOpinion

Vrou se gedrag laat seuntjie verbaas

Die vrou het ‘n groot bruin papiersak, waarin daar seker wegneemetes was, en twee melkskommel houers by die venster uitgegooi.

Trotse ma skryf per e-pos:

Ek het onlangs my twee kinders by hul laerskool gaan oplaai en daarna gou na die Mall@Carnival gery.

Ons het by ‘n verkeerslig, agter ‘n vrou met lang blonde hare, stilgehou. Sy het ook ‘n kind by haar in die motor gehad.

Die vrou het ‘n groot bruin papiersak, waarin daar seker wegneemetes was, en twee melkskommel houers by die venster uitgegooi. Dit was ‘n groot hoop gemors wat in die pad gelê het en servette het dadelik rondgewaai.

Ek het my nog verstom oor haar swak gedrag toe my seun (hy is agt jaar oud) opmerk: ”Mamma, daardie tannie kan mos nie haar goed net so by die venster uitgooi nie”.

Onnodig om te sê was ek baie trots op my kind. Daardie vrou stel ‘n baie slegte voorbeeld vir ander, maar ook vir die kind wat saam met haar in die voertuig was.

As almal hul gemors by hul motorvensters gaan uitgooi gaan dit darem nie mooi lyk nie.

Mevrou, jy behoort jou werklik waar te skaam.

Lees ook:

Kind se reaksie spreek boekdele

‘We are tired of people who want to live like pigs’

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button