Editor's choiceLocal newsNews

Kolwyntjies bring hoop vir kinders met kanker

Die kolwyntjies is deur vrywilligers gebak, ten bate van kinders met kanker, en aan die publiek verkoop teen R10 stuk.

Saterdag was Nasionale Kolwyntjiedag en inkopiegangers by die Mall@Carnival het hulself verkyk aan rye tafels gedek met honderde mooi-versierde kolwyntjies.

Die kolwyntjies is deur vrywilligers gebak, ten bate van kinders met kanker, en aan die publiek verkoop teen R10 stuk.

Twee baie spesiale dogtertjies het ook hul verskyning by die geleentheid gemaak en geskenkpakke van die organiseerders ontvang.

Annica Mans (6) is ‘n dapper kleintjie wat op 27 Mei, vanjaar, met Leukemia gediagnoseer is en steeds behandeling ontvang.

Tiani van Baalen (5) is op die ouderdom van 15 maande met breinkanker gediagnoseer. Dié kleinjie is tans kankervry, nadat sy intensiewe behandeling, in onder meer die VSA, ontvang het. Beide die kinders is van Sunward Park.

Die publiek het Saterdag se Kolwyntjiedag goed ondersteun en die geld wat ingesamel is sal aan die Cupcakes of Hope-organisasie oorhandig word.

Vir meer inligting oor die organisasie, besoek hul webblad by www.cupcakesofhope.org.

Kyk hier na meer foto’s

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Back to top button