Editor's choiceLifestyleLifestyle and Health

Só kan jy jou waterverbuik verminder

‘n Lekkende toilet kan tot 100 000 liter water in een jaar mors.

Die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit het onlangs afgekondig dat inwoners spaarsamig met water moet werk en het nuwe maatreëls toegepas om waterverbruik tot 15 persent te verminder.

Lees meer hier

Volg hierdie volgende waterbesparingswenke, vanaf die Departement van Water en Sanitasie, en spaar liters water.

Waterbesparingswenke in en om die huis:

• Moenie krane aanhoudend laat loop terwyl jy jou gesig was, jou tande borsel of skeer nie; maak dit tussenin toe.

dog wash

• ’n Vyf-minute-stort per dag in plaas van ’n bad vol water, sal ’n derde van die water gebruik, waardeur jy tot 400 liter water per week kan spaar.

• ’n Stort kan tot 20 liter water per minuut gebruik terwyl ’n bad tussen 80 en 150 liter water per bad gebruik.

• As jy verkies om te bad, moet jy nie die bad heeltemal vol water tap nie.

water bath hedgehog

• Gebruik laevloei-stortkoppe, dubbelspoel-toiletmeganismes en waterdoeltreffende wasmasjiene.

• Moenie jou ketel heeltemal volmaak nie; gebruik net genoeg water vir jou behoeftes. Dit sal jou elektrisiteitsrekening ook verlaag.

• Moenie houers soos kastrolle oorvol maak nie; dit kan lei tot hoër energieverbruik om die water te verhit.

• Deur die toilet se spoelvolume te verminder, kan 20 persent van die totale waterverbruik bespaar word. Dit kan gedoen word deur ’n 2-literkoeldrankbottel, wat met water en ’n bietjie sand gevul word om dit swaarder te maak, in die watertenk te sit.

• Herstel toilette wat lek. ’n Lekkende toilet kan tot 100 000 liter water in een jaar mors.

• Moenie die toilet onnodig spoel nie. Gooi snesies, insekte en ander afval in die vullisblik eerder as in die toilet. Elke keer as jy die toilet spoel, word 12 liter water gebruik.

cat toilet

• Gebruik “grys water”, dit is gebruikte water uit baddens, wasmasjiene en ander veilige bronne, om jou toilet te spoel.

• Moenie jou swembad oorvol maak of dit te veel terugspoel nie.

• Gebruik ’n emmer in plaas van ’n tuinslang om jou motor te was. As jy ’n tuinslang moet gebruik, gebruik ’n sproeier wat tussenin toegedraai kan word. ’n Tuinslang kan soveel as 30 liter water per minuut gebruik.

• Moet nooit verf en chemikalieë in die drein afgooi nie.

Waterbesparingswenke in die tuin:

• Lei jou plante altyd in die vroeë oggend of in die aand nat, wanneer dit koeler is. Tussen 10vm en 3nm kan tot 90 persent water deur verdamping verlore gaan.

• Nadat jy eiers gekook het, laat die water afkoel en gebruik dit om jou huisplante nat te lei.

houseplants

• Fokus op inheemse plante of uitheemse plante wat nie water gebruik nie (maar nie indringer-uitheemse plante nie).

• Groepeer plante volgens hul waterbehoeftes en plaas ’n deklaag van kompos om hulle.

• Verwyder alle indringerplante uit jou tuin.

• Gebruik “grys water” om jou tuin nat te lei.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button