CrimeEditor's choiceNews

Rowers volg en beroof man na hy geld by bank trek

Hy is deur die rowers genader en ‘n skietery het glo ontstaan.

‘n Groep van ses verdagtes, wat ‘n man vanmiddag agtervolg het nadat hy geld by ‘n bank getrek het, het hul rieme styf geloop.

Volgens inligting wat beskikbaar is het die man (ouderdom onbekend) ‘n  bedrag geld getrek waarna hy by ‘n padkafee in Dalview stil gehou het om kos te koop.

Hy is deur die rowers genader en ‘n skietery het glo ontstaan.

Volgens inligting kon die ses verdagtes glo daarin slaag om die man se vuurwapen en die kontant af te neem, waarna hulle in die rigting van Benoni gejaag het.

By die kruising van die R23 en Dubestraat het die rowers beheer oor hul voertuig verloor en dit het omgeslaan.

Een verdagte is op die toneel in hegtenis geneem.

Lees die opvolg hier

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button