Local sportSport

Brakpan Tigers verloor teen Silwer Valke

Die Tigers het die wedstryd goed begin en binne die eerste minute onder die pale gaan kuier.

Die Brakpan Tigers het Vrydagaand, in ‘n klipharde rugbywedstryd teen die Silwer Valke van Pretoria, met 17-45 verloor.

Lees: Die Brakpan Tigers is reg vir aksie

Die Tigers het die wedstryd goed begin en binne die eerste minute onder die pale gaan kuier, toe Thinus Oosthuizen ‘n drie gaan druk het. Dewald Clingen het, met goeie skopwerk, nog twee punte bygevoeg.

Beserings en te veel noodgedwonge veranderings in die tweede helfde het die span ontwrig en veroorsaak dat die Silwer Valke die oorhand kry.

Ian Strydom en Andries Kemp het die ander twee drieë vir die Tigers aangeteken.

“Ons voel tevrede met ons wedstryd en, as ‘n mens in ag neem dat die Silwer Valke ‘n klub is met meer as 250 lede, het ons relatief goed gevaar,” het Chris de Witt na afloop van die wedstryd namens die span gesê.

De Witt het ook die ondersteuners wat opgedaag het bedank.

Die volgende wedstryd vind op 17 September teen die Joker Prevokers plaas.

Related Articles

Back to top button