Editor's noteLocal newsNews

Geniet ‘n dag van pret ten bate van DBV

Ondersteuners kan uitsien na 'n biertent, kosstalletjies, musiek, 'n vlooimark en nog baie meer.

Read the English version here

Die publiek, motorfietsryers en -klubs word uitgenooi om vanjaar deel te wees van die jaarlikse DBV “Animal Run”, wat Sondag (28 Augustus) by die Boksburg Sagtebal Klub, langs die Boksburg Stadion, gehou word.

Die geleentheid is ten bate van al die DBV takke aan die Oos-Rand en die doel is om soveel as moontlik troeteldierkosse, komberse en donasies in te samel vir die organisasie.

Die massa-rit vir motorfietse tot by die eindbestemming sal om 9vm vanaf die Checkers Hyper in Edenvale plaasvind.

“Die visie rondom die jaarlikse gebeurtenis is om bewustheid oor die DBV te verskerp en die lot van diere op die voorgrond te stel,” het die organiseerder, Chris Badenhorst, gesê.

“Alle opbrengste en skenkings sal goed aangewend word en die Oos-Rand gemeenskap word aangemoedig om hul ondersteuning te wys en om ‘n helpende hand te verleen, terwyl hul hulself geniet,” het hy gesê.

‘n Toegangsfooi sal gehef word by die Boksburg Sagtebal Klub.

Ondersteuners kan uitsien na ‘n biertent, kosstalletjies, musiek, ‘n vlooimark en nog baie meer.

Alhoewel hierdie dag oor diere gaan, is dit is nie ‘n dag vir die diere nie, en word daar versoek dat troeteldiere nie saamgebring sal word nie.

Vir meer inligting, besoek www.facebook.com/AnimalRunSpcaCharityDay.

Kyk hier na foto’s van verlede jaar se Animal Run

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)
BBM pin: 7F7A9F13

Related Articles

Back to top button