Local sportSport

Die Brakpan Tigers is reg vir aksie

“Dit sal wonderlik wees as ons ‘n groot groep toeskouers by die wedstryd sal sien.”

Die voormalige Ferro Tiger Rugbyspan, wat vanaf 1992 tot 2001 groot naam gemaak het in ‘n liga wat bekend gestaan het as die Oos-Rand Industriële Rugby-liga, is onlangs weer op die been gebring.

Sestien spanne, wat industriële besighede verteenwoordig het, het destyds in ‘n strawwe liga om die gesogte titel meegeding.

Die Ferro Tiger rugbyspan was ‘n gedugte span wat bykans elke jaar tot die finaal deurgedring het.

Die nuut gevormde span staan nou bekend as die Brakpan Tigers en word geborg deur Visible Signs en Ferro SA.

Die manne draf vanaand (Vrydag) in ‘n wedstryd teen die Silwer Valke van Pretoria uit. Die wedstryd word op die Bosman Stadion gespeel en skop om 7.15nm af.

“Dit sal wonderlik wees as ons ‘n groot groep toeskouers by die wedstryd sal sien,” het Chris de Witt, een van die spelers gesê.

Die span oefen Dinsdae en Donderdae aande by die Bosman Stadion en spelers wat graag by die span wil inskakel kan vir De Witt by 082 551 9983 kontak.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)
BBM pin: 7F7A9F13

Related Articles

Back to top button