LettersOpinion

Kind se reaksie spreek boekdele

As ‘n kind kan verstaan dat ‘n mens nie dit aan ‘n hond doen nie, hoe kon daardie mense dit oor hulle harte gekry het?

Met verwysing na die berig in die Herald van 19 Augustus (Starving boerboel weighs only 47kg).

Annatjie Brummer van Brakpan-sentraal skryf:

Ek was baie geskok en kwaad toe ek die berig gelees het, maar wat my nog meer kwaad gemaak het was my 12-jarige seun se reaksie toe hy dit gelees het.

Die storie het my kind baie ontstel. As ‘n kind kan verstaan dat ‘n mens nie dit aan ‘n hond doen nie, hoe kon daardie mense dit oor hulle harte gekry het?

Ek wens ek kon die hond vir ons gesin gekry het as hy beter is, maar ongelukkig het ons klaar drie spekvet, gesonde en gelukkige honde wat elke dag kos en water en liefde kry.

Daardie mense moet opgespoor en aangekla word.

Lees ook: As jy nie ‘n dier kan bekostig nie, moet dit nie aanskaf nie

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)
BBM pin: 7F7A9F13

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button