Editor's choiceLocal newsNews

Samantha beïndruk die beoordelaars

Volgens die beoordelaars is Samantha baie professioneel en ’n gepaste kandidaat vir die Mej Allegreto 2016 titel.

’n Mooi tiener van die dorp, Samantha Nortjé (14), het verlede Saterdag skoonskip gemaak in die Tiaras-afdeling van die Allegretto Kunswedstryd.

Dié talentvolle model is aangewys as die Gauteng-Oos streekwenner.

Sy het die hoogste punte aangeteken in die drie items waaraan sy deelgeneem het en is aangewys as graad- en afdelingswenner en het ook die provinsiale vertoonvenster-afdeling ingepalm.

“Dit was vir my ’n groot oomblik, maar ek is nog meer opgewonde oor die feit dat ek uitgenooi is om Gauteng-Oos te verteenwoordig by die Allegretto Eistedfodd Gala-aand, waar ek ’n kans staan om as Mej Allegretto 2016 gekroon te word,” het Samantha gesê.

Volgens die beoordelaars is Samantha baie professioneel en ’n gepaste kandidaat vir die Mej Allegreto 2016 titel.

Samantha is ’n bedrywige tiener wat nie net op modelwerk fokus nie.

As leerder van Hoërskool Die Anker neem sy deel aan atletiek en netbal. Sy neem ook drama klasse.

Sy glo dat die bystand wat sy van haar ouers, familie en vriende asook haar drama- en modelonderwysers kry, van onskatbare waarde is.

“Dit is belangrik om liefde, ondersteuning en bystand van die mense na aan jou te ontvang en ek is baie gelukkig in hierdie opsig,” het sy gesê.

Lees ook:

Helping young women reach their potential

The search is on for Miss Tinkerbell and Peter Pan

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)
BBM pin: 7F7A9F13

Related Articles

Back to top button