LettersOpinion

Mense op straat verdien beter

Dit is werklikwaar baie ontstellend.

Anoniem skryf per e-pos:

Ek verwys na die berig op die voorblad van die Herald van 29 Julie (’n Kombers is goud werd).

Ek het ook na die foto’s op die webtuiste van die Herald gaan kyk. Dit is werklikwaar baie ontstellend.

Dit foto van die bejaarde persoon op die voorblad spreek boekdele. Wat ek nie kan verstaan nie is hoe iemand so alleen deur die lewe kan gaan. Daar moet tog erens kinders of ander familie wees wat kan uitreik na die man.

Dit was regtig baie koud die laaste tyd en ek weet nie hoe daardie mense die nagte oorleef nie.

Vir die swanger vrou het ek minder simpatie. Ek gaan nie daaroor uitbrei nie, maar ek hoop maar net dat haar baba veilig sal wees en nie soos sy op straat sal moet bly nie.

Daar is soveel leë geboue in die dorp. As daar net ’n slaapplek vir hierdie mense kan wees. Hulle kan in die aande slaap en die volgende oggend weer gaan. Dit sal die mense veiliger hou en ten minste ook warmer.

Lees ook: Homeless in Brakpan empowered by NPO

Gee werk dan hoef ek nie te bedel nie

‘Ons bly onder ’n boom, want ons kry nie werk nie’

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button