Editor's choiceLocal newsNews

Die Ventertjies weet van kitaarspeel

Die Ventertjies het dié jaar weggeloop met toekennings by die IFM Boeremusiek-toekennings, onder andere vir die Boeremusiek-nuwelinge, asook Boeremusiek treffer en Bobaas Boere 5-treffer, vir hulle treffer, Waar die Sabie vloei.

Die Ventertjies, wat bestaan uit die twee Venter susters van Brakpan, Lindie-Lee (14) en Nicola (17), is ‘n duo kitaarorkes wat Boeremusiek weer ‘n nuwe jong lewe gee.

Nicola, ‘n graad 11 leerder aan die Hoërskool Stoffberg, speel die melodiekitaar, terwyl Lindie-Lee, ‘n graad agt leerder aan die Hoërskool Stoffberg, die baskitaar speel, om die duo te vorm wat nog nooit eens ‘n musiekles ontvang het nie en net op gehoor speel.

“Hulle spandeer deur die week tyd aan hulle huiswerk, want oor naweke toer hulle deur die hele land,” het Rachel Venter, Die Ventertjies se ma, vertel.

“Ons probeer dan slaap inkry wanneer ons op die pad is,” het Nicola bygevoeg.

Nicola en Lindie-Lee het saamgestem dat hierdie jaar se Innibos kunstefees definitief vir hulle ‘n hoogtepunt was in hulle musiekloopbaan, toe hulle daar opgetree het.

Alhoewel die musiekbedryf baie eise kan stel en nie vir enigiemand is nie, het Die Ventertjies al van kleins af geleer hoe om dit te kan hanteer.

“Ons is eintlik ‘n musikale gesin en ons is gewoond aan die musiekbedryf, want my pa (Hennie) het ook al in orkeste gespeel,” het Nicola vertel.

“Van jongs af was ons bekendgestel aan Boeremusiek en het ons partytjies bygewoon waar almal op dit dans en dit geniet,” het die twee susters vertel.

Lindie-Lee (links) en Nicola het onlangs vir die eerste keer by die Boeremark gespeel.
Lindie-Lee (links) en Nicola het onlangs vir die eerste keer by die Boeremark gespeel.

Verlede jaar het Die Ventertjies hulle debuutalbum, Vlinder Vingers, uitgereik, en hulle het onlangs hulle tweede album, Wikkel Vingers, uitgereik.

Die Ventertjies het ook dié jaar weggeloop met toekennings by die IFM Boeremusiek-toekennings, onder andere vir die Boeremusiek-nuwelinge, asook Boeremusiek treffer en Bobaas Boere 5-treffer, vir hulle treffer, Waar die Sabie vloei.

“As Boeremusiek nie weer die aandag op veral radio en televisie kry wat dit verdien nie, gaan jongmense nie meer daarin belangstel nie,” het Esti Koekemoer, van Maroela Musiek vertel.

“Ons land sal dan ‘n belangrike kultuurerfenis verloor. Ons kan nie bekostig dat dit gebeur nie.”

Kyk hier na Die Ventertjies se nuwe musiekvideo:

 

Related Articles

Back to top button