Local newsNews

Inwoner vier haar 90ste

Joey Rothman is een van die langdurigste inwoners van Brakpan, sedert 1946.

Joey Rothman (Lombard), een van die langdurigste inwoners van Brakpan, sedert 1946, het op 3 Julie haar 90ste verjaardag gevier.

Sy woon tans in die Gold Reef Village Ouetehuis, in Minnebron.

Tannie Rothman sal deur baie onthou word as die vriendelike dame wat vir meer as 30 jaar by die materiaalwinkel Berger & Millar gewerk het.

Die susters van die Evangelies-Gereformeerde Kerk, waarvan sy in 1955 ‘n stigterslid was en nog steeds lidmaat is, het ‘n geselligheid vir haar na die erediens gereël.

Daarna het sy saam met haar vyf dogters, 18 kleinkinders en 26 agterkleinkinders ‘n heerlike feesmaal by haar jongste dogter se huis in Rand Colleries geniet.

Related Articles

Back to top button