LettersOpinion

Bedelaars wat rook of drink verdien nie hulp

Ek help baie mense, maar wanneer ek hulle sien rook, drink of op die selfoon praat is daar geen hulp van my kant nie.

Anton skryf per e-pos:

Met verwysing na die brief in die Herald van 8 Julie (Bedelaars moet liefs nie rook nie).

Ek stem 100 persent saam met die persoon wat die brief geskryf het.

Ek ry daagliks sowat agt tot 10 keer verby die mense.

As hulle nie rook nie is hulle besig om op ’n selfoon te praat.

Ek help baie mense, maar wanneer ek hulle sien rook, drink of op die selfoon praat is daar geen hulp van my kant nie.

Hulle staan elke dag by dieselfde verkeerslig en vra elke dag vir dieselfde mense vir geld. Jy kan hulle net sowel op jou “payroll” sit.

Wanneer jy wel iets skenk is daar gewoonlik geen dankie nie. Ek ondervind dit nie net in Brakpan nie, maar ook in ander dorpe.

Lees ook:

Seun moet ma nie gebruik om te bedel nie

Giving food rather than money is a great idea

Genoeg is genoeg

Werkloosheid veroorsaak groot ellende

Motoris ry bedelaar raak

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button