Local newsNews

Ses-jarige gekroon by Miss Africa

“Ek het gedink dit is nogal oulik dat ‘n Brakpan meisie so 'n groot eer kan hê om ‘n plek te wen as Miss Africa 2016.”

Michelle Kruger (6), ‘n graad een leerder aan die Laerskool Brakpan-Oos, is onlangs as tweede prinses van Miss Tiny Africa 2016 gekroon.

“Ek het gedink dit is nogal oulik dat ‘n Brakpan meisie so ‘n groot eer kan hê om ‘n plek te wen as Miss Africa 2016,” het Zelda Kruger, Michelle se ma, vertel.

Michelle, wat daarvan hou om in haar vryetyd te dans en modelwerk te doen, is nie sku voor mense nie.

Sy is op dieselfde dag, tydens die Miss Africa-kompetisie, ook as Miss Congeniality gekroon, en het die titel as tweede prinses by Best Model SA 2016 ontvang.

Michelle is vanaf Mei die jaar as eerste prinses gekroon vir: Miss Celebrity Stars, Miss Mad Rage, Miss Sound of Hope, Miss Face of Pretty Me en Miss Tourism SA.
Michelle is vanaf Mei die jaar as eerste prinses gekroon vir: Miss Celebrity Stars, Miss Mad Rage, Miss Sound of Hope, Miss Face of Pretty Me en Miss Tourism SA.

“Michelle is ‘n baie besonderse dogtertjie, met ‘n mooi gesiggie en ‘n pragtige siel,” het haar modeljuffrou, Nicolette van Vuuren van Model Manifest Brakpan, vertel.

Related Articles

Back to top button