CrimeEditor's choiceNews

Vroue moet versigtig wees op hierdie plek

"Ek voel jammer vir die vrou wat die trauma moes deurmaak.”

Die soveelste breek-en-gryp voorval, wat op die hoek van Voortrekker- en Stasieweg voorgekom het, het Donderdagmiddag vlak voor die oë van ’n 34-jarige vrou plaasgevind.

Cindy Tolmay het aan die Herald vertel dat die onstellende voorval Donderdag ongeveer 4.35nm plaasgevind het.

“Gelukkig was ek nie die slagoffer nie, maar dit was nietemin nie aangenaam om te aanskou nie en ek voel jammer vir die vrou wat die trauma moes deurmaak,” het Cindy gesê.

Cindy het in die duikweg agter ’n silwer Daihatsu stilgehou en dadelik opgemerk dat daar twee mans was, wat van motor tot motor geloop het en by die vensters ingekyk het.

“Ek het die twee goed dopgehou en eintlik op ’n stadium gedink dat hulle ’n motor wou kaap.”

Die twee booswigte het ook by die Daihatsu se ruit ingekyk en so ook by die ruit van ’n voertuig, wat voor dit geparkeer was.

“’n Man, wat op die treinbrug, wat bo-oor die duikweg strek, gestaan het, het iets vir die twee mans onder geskreeu en ewe skielik het een van hulle die linker agterruit van die kar met iets stukkend geslaan.”

“Die man het so halflyf in die kar geduik en die vrou se handsak uitgepluk. Die twee het dadelik weggehardloop,” het Cindy vertel.

“Die man wat bo-op die brug gestaan het, het ’n roomkleurige baadjie en ’n geel mussie gedra. Die twee wat onder doenig was, was beide middeljarig. Beslis nie jonk nie,” het sy bygevoeg.

Dit is nie duidelik of die voorval by die SAPD aangemeld is nie. Daar was nie rekord daarvan toe die Herald navraag gedoen het nie.

Verskeie ander voorvalle, spesifiek op hierdie plek, is wel die afgelope tyd aangemeld.

Lees ook:

Ma en kleuter getraumatiseer deur grypdief

Motorists should be vigilant 

If there’s nothing to grab, they won’t smash 

Related Articles

Back to top button