CrimeEditor's choiceNews

Huilende vrou steel skolier se selfoon

“Die vrou het erg op my kind se gevoelens gespeel en uiteindelik het sy die vrou jammer gekry en tog ’n nommer vir haar geskakel.”

’n 13-Jarige leerder aan die Hoërskool Stoffberg het Vrydagmiddag gedink sy doen goed toe sy deur ’n huilende vrou genader is om hulp.

Dit blyk egter dat die vrou niks anders as ’n uitgeslape selfoondief is nie.

Die kind wie se naam, op versoek van haar ouers nie gepubliseer word nie, het Vrydagmiddag nadat sy revue geoefen het, huistoe gestap.

“Alhoewel ons baie naby aan die skool bly, laat ons, ons kind nie gewoonlik stap nie, juis omdat ons besorg is oor haar veiligheid,” het die kind se ma gesê.

In Hamiltonlaan het ’n mollige, donkerkop vrou langs die kind stilgehou en gevra of sy weet waar Duncanstraat is. (Dit is in Brenthurst.)

“My kind het gesê sy weet nie. Volgens haar het die vrou gehuil en het gesê dat sy iemand, wat in Duncanstraat woon, moet gaan help aangesien die persoon haar heup gebreek het,” het die ma van die kind vertel.

“My kind het eers gesê dat sy nie lugtyd op haar foon het nie, maar die vrou het aangehou en gevra of sy nie maar kon WhatsApp nie.”

“Die vrou het erg op my kind se gevoelens gespeel en uiteindelik het sy die vrou jammer gekry en tog ’n nommer vir haar geskakel.”

“’n Persoon het geantwoord en blykbaar ook gehuil, waarna my kind toe haar foon aan die vrou in die motor oorhandig het.”

“Sy het met die foon weggery en nogal die vermetelheid gehad om vir my kind te skreeu dat sy die foon sal terugbring.”

“Dit is werklikwaar ontstellend dat ’n volwasse vrou dit oor haar hart kan kry om ’n kind so in te doen,” het die ma gesê.

“Ek glo alles was goed beplan en dat die persoon wat geantwoord het, saamgespeel het.”

Lees ook:

‘Good Samiratan’ speeds off with woman’s belongings

Robbers terrorise little girl who is home alone

Beware of online fraudsters

 

Related Articles

Back to top button