LettersOpinion

Begraafplaas hou gevaar in

Ons is onlangs dopgehou deur ‘n persoon wat bloot net naby ons seun se graf gesit het.

Ericia van Wyk skryf per e-pos:

Ek verwys na die brief in die Herald van 20 Mei (Begraafplaas is in ‘n haglike toestand).

Ek kan nie meer met die skrywer saamstem nie. Die plek is werklik waar in ‘n treurige toestand.

Behalwe dat dit nie behoorlik in stand gehou word nie kan ‘n mens dit ook nie meer waag om alleen daarheen te gaan nie.

Ek en my man is albei redelik oud en ons besoek graag ons seun se graf; wat ons natuurlik op ons eie moet versorg en netjies hou.

Die probleem is net dat dat ons totaal onveilig voel wanneer ons naweke soontoe gaan.

Ons is bang om weg te beweeg van ons voertuig, want mens voel dat dit maklik gesteel kan word en ons is albei maklike teikens.

Die lang gras en bosse wat plek-plek groei maak dit baie maklik vir skelms om te skuil sodat hulle kan toeslaan.

Ons is onlangs dopgehou deur ‘n persoon wat bloot net naby ons seun se graf gesit het.

Dit het ons baie ongemaklik laat voel en ons het maar eerder gery.

Dit is seker maar onmoontlik, maar ek glo dat sekuriteitswagte of een of ander vorm van sekuriteit bedags baie nodig is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button