CrimeEditor's noteNews

Diewe pla weer by Tweedy Park

Die kompleks se toegangshek word nie beman nie, wat vrye toegang bied vir enige persoon.

Nog ‘n voorval, waar diewe aan ‘n voertuig by die Tweedy Park Kompleks gepeuter het, het verlede Woensdag voorgekom.

‘n 73-Jarige inwoner was om ongeveer 6.40nm in haar woonstel toe sy die alarm van haar Mazda 323 gehoor het.

Sy het haar sleutels geneem en gaan ondersoek instel en gesien dat die passasiersdeur oop was. Toe sy dit wou sluit kon sy nie daarin slaag nie en het toé opgemerk dat daar met die slot gepeuter is.

Dit is ten minste die vierde voorval in die afgelope paar weke.

Die Herald het verlede week berig oor die inwoners se kommer oor die afwesigheid van hekwagte (Bejaardes lewe in vrees).

Die kompleks se toegangshek word nie beman nie, wat vrye toegang bied vir enige persoon.

Lees ook:

‘Dit is net ‘n kwessie van tyd voordat iemand hier vermoor gaan word’

Elderly deserve to be protected

Related Articles

Back to top button