Editor's choiceLocal newsNews

Twee wat waarskynlik te veel gekuier het, breek peperduur pot

“Die potte het sowat R8 000 elk gekos en ons het dit juis vas gesement sodat dit nie gesteel kan word nie.”

’n Inwoner van Kenleaf is woedend nadat twee mans vanoggend (Woensdag) ongeveer 12.30vm ’n ornamentele pot voor haar huis gebreek het.

Anne-Maré Rodwell van Gloucesterstraat en haar man, Tinus, het wakker geword toe ’n ouerige wit Gholf voor hul huis stilgehou het.

“Ons het by ’n venster uitgekyk en gesien hoe twee mans uit die voertuig klim,” het Rodwell gesê.

“Ek kan met sekerheid sê dat die mans nie nugter voorgekom het nie.”

“Ons het hulle dopgehou, want ons het gedink dat hulle moontlik oor die hek wou klouter, maar hulle het na ’n rukkie weggery.”

“My man het toe gaan ondersoek instel en gesien dat een van twee groot potte, wat aan weerskante van ons oprit staan, omgegooi is.

“Die potte het sowat R8 000 elk gekos en ons het dit juis vas gesement sodat dit nie gesteel kan word nie.”

“Uit die aard van die saak sal ek nou ook die ander pot moet verwyder aangesien dit net nie reg lyk nie,” het Rodwell gesê.

Enigiemand wat meer inligting oor die kwaaddoeners kan verskaf kan vir Rodwell by 083 452 2531 kontak.

Lees ook:

Gereelde ongelukke kan voorkom word

Motoris bars deur muur

Car crashes through wall

VIDEO: Man op kwadfiets val hom katswink in mense se tuin, jaag net weg

 

Related Articles

Back to top button