CrimeNews

Polisieman se moordenaars steeds gesoek

Die polisieman van Brakpan was op 18 Maart op pad na sy huis in Minnebron, toe hy geskiet is.

Meer as ses weke nadat adj-off Morné Reynecke (44) deur rowers afgemaai is, word daar steeds na sy moordenaar/s gesoek.

Die polisieman van Brakpan was op 18 Maart op pad na sy huis in Minnebron, toe hy geskiet is.

Volgens inligting is ’n BMW dié middag in Athlonelaan gekaap.

Inligting het daarop gedui dat Reynecke gesien het dat dié voertuig, asook die rowers se wegkom voertuig, ’n wit Seat, roekeloos of nalatig bestuur word. Die vermoede is dat hy hulle agterna gesit het.

Die rowers het op die R554 op Reynecke losgebrand en hy is in die bors en linkerarm getref.

Die rowers (daar was glo drie) het na bewering in die wit Seat op die vlug geslaan.

Reynecke is eers op die toneel behandel voordat hy per helikopter na die Netcare Union Hospitaal, in Alberton, vervoer is. Hy is kort voor 9nm oorlede.

Kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, het Maandaoggend bevestig dat die ondersoek voortduur, maar dat daar nog geen arrestasies gemaak is nie.

Lees ook:

Honderde neem afskeid van polisieman wat deur rowers afgemaai is

Vrou en kinders van polisieman wat dood geskiet is kry kans om hom te groet

SAPD en nooddienste op toneel van moontlike kaping en skietvoorval

Opvolg: Lid van SAPD oorlede na kaping en skietvoorval

 

Related Articles

Back to top button