LettersOpinion

Kru taal op nota vir vrou wat glo nie kan parkeer nie

Ek glo die persoon wat die nota op my kar gelaat het, het ook die krapwerk gedoen.

Inwoner, Brakpan-Noord skryf:

Ek het onlangs ‘n baie nare ondervinding beleef by die munisipale kantore van die Ekurhuleni Metro.

Ek het vroeg die oggend na die kantore gegaan en my nuwe voertuig geparkeer om die kantore te besoek.

Die voertuig langs my het redelik skeef geparkeer so ek het self nie perfek geparkeer nie, maar wel so goed as wat ek kon.

Nadat ek my besigheid gedoen het, het ek teruggekeer na my voertuig om, tot my verbasing, ‘n handgeskrewe nota op my voorruit te vind.

Die booddskap, wat in Engels geskryf is, was skokkend en kru.

Dit het gelees. You f****** dum (sic) f***. You can’t park properly. Bitch.

Ek was regtig geskok dat dat iemand so ‘n vieslike boodskap vir my gelaat het, maar ek het eers later besef dat die persoon se woede heens my veel verder gestrek het.

Toe ek die middag my dogter by die skool gaan haal het, het sy my daarop gewys dat daar ‘n lang en diep krapmerk aan my nuwe voertuig se passasierskant was.

Ek glo die persoon wat die nota op my kar gelaat het, het ook die krapwerk gedoen.

Dit is werklik waar onnodig en ek hoop die skuldige lees hierdie brief.

Mnr of mev, ek hoop jy kan met jou gewete saamleef. Die nota kan ek in die asblik gooi, maar die skade aan my voertuig raak my sak.

Was dit werklik nodig?

Lees ook:

Uitlokking kon lelike nagevolge hê

Waentjies in die pad is ‘n gevaar

Bome op sypaadjie versper sig

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button