CrimeEditor's choiceNews

VIDEO: Diewe steel kar helder oordag in Brakpan binne twee minute

’n Saak van voertuig diefstal is by die Brakpan SAPD aangemeld.

Dit het kardiewe die afgelope Paasnaweek slegs sowat twee minute geneem om ‘n voertuig, wat voor ‘n huis in Sunair Park geparkeer was, te steel.

Die diewe se kriminele daad, wat Saterdagmiddag plaasgevind het, is vasgevang op ’n sekuriteitskamera (CCTV).

Op die video kan duidelik gesien word hoe ’n oranje voertuig langs die Golf op die sypaadjie stilhou.

Na ’n paar minute klim ’n persoon uit dié voertuig en trek aan die deurhandvatsel van die bestuurderskant. Die man loop dan na die passasierskant van die Golf en kry die deur na ’n paar sekondes oop.

Nog ’n persoon klim daarna uit die oranje voertuig en stoot die rooi Golf van die sypaadjie af.

Die dief ry dan weg met die gesteelde voertuig en sy makker of makkers volg hom.

’n Saak van voertuig diefstal is by die Brakpan SAPD aangemeld.

Kyk ook na die videos:

Man steals puppy from yard, owner takes action

Brazen robbers carry out daylight robbery in Brenthurst

Man op kwadfiets val hom katswink in mense se tuin, jaag net weg

Related Articles

Back to top button