CrimeEditor's noteNews

Dief gebruik slim truuk om bejaarde se handsak te steel

’n 81-Jarige inwoner van Dalpark is haar handsak kwyt nadat ’n booswig haar aandag met ’n slim slenter afgetrek het.

Die vrou, wat versoek het dat haar naam nie gepubliseer word nie, het verlede Donderdag in Voortrekkerweg geparkeer en batterye by ’n winkel gaan koop.

“Toe ek terugkeer na my motor het ek my deur oopgesluit en my handsak op die passasiersitplek neergesit.”

“Nog voordat ek in my motor kon klim, het ’n man my geroep en gesê dat daar ’n spyker in die motor se wiel, aan die passasierskant was,” het die vrou vertel.

“Ek het omgeloop om te kyk en in dié tyd het iemand anders my handsak gesteel.”

“Ek glo die mense het saamgewerk en ek moes nie toegelaat het dat my aandag afgetrek word nie.”

“Wat word van hierdie land van ons? Daar was baie persoonlike besittings in my handsak en dit is ’n groot ongerief.”

Die voorval is by die SAPD aangemeld.

Lees ook:

Ma en kleuter getraumatiseer deur grypdief

Keep handbag out of harm’s way

Shop owner conned by women

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button