LettersOpinion

Werkloosheid veroorsaak groot ellende

Alles word duurder, werk word skaarser en die mense kry swaarder.

Marinda Els, Dalpark, skryf:

Dit is met groot kommer dat ek daagliks sien hoe die hoeveelheid mense wat bedel aan die toeneem is.

Ek ry nogal baie rond, aangesien ek twee kinders in verskillende skole het, asook ‘n ma wat ek gereeld by ‘n ouetehuis besoek.

En dit is nie dat die mense net bedel nie. Baie van hierdie mense bly op straat. Daar is ‘n groepie mense wat in die parkie langs die munisipale swembad bly. Hulle het met die swaar reën, wat die afgelope paar dae geval het probeer om skuilings te bou, maar ek kan nie dink dat hulle sou droog bly nie.

Ek wil nie (en ek mag seker nie) ‘n brief met ‘n politieke ondertoon skryf nie, maar dit is net asof dinge al slegter en slegter gaan in die land.

Alles word duurder, werk word skaarser en die mense kry swaarder.

My buurvrou het nou die dag vir my gesê dat hulle, hul huis moet verkoop en by hul kinders gaan woon, aangesien hulle dit nie meer kan bekostig nie.

Die man wat sy ma in ‘n rolstoel rond stoot en gereeld in die Dalview omgewing is breek ook my hart.

Ek kan nie eers meer kyk wanneer ek vroue en jong kinders sien bedel nie.

Ons dra maandeliks by tot ons kerk, wat tientalle gesinne moet help kos gee.

My kinders vertel vir my dat daar baie kinders by hul skole is wat koshulp ontvang.

Ek kan nie sien dat dit gaan beter word nie. Dit is regtig baie hartseer.

Lees ook:

‘Ons bly onder ‘n boom, want ons kry nie werk nie’

Giving food rather than money is a great idea

Motoris ry bedelaar raak

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button