Local newsNews

Onthou die krag gaan af

Inwoners moet solank voorsiening maak vir ‘n beplande kragonderbreking wat etlike ure kan duur.

Read the English version here

Vanweë voortdurende pogings om stabiele en betroubare kragvoorsiening aan verbruikers te verskaf, sal die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) Sondag noodsaaklike instandhouding en herstelwerk uitvoer.

Die instandhouding en herstelwerk vind vanaf middernag tot 9vm, by verskeie substasies in die area, plaas.

Die areas wat geaffekteer sal word is Brakpan (uitsluitende Brakpan-Noord), Langaville en Geluksdal.

Die EMM vra omverskoning vir enige ongerief wat veroorsaak kan word en herinner inwoners om alle elektriese toevoerpunte as lewendig te beskou, vir die duur van die onderbreking.

Related Articles

Back to top button