CrimeEditor's choiceNews

Waarskuwing: So lok kriminele jou uit jou huis

“Hulle soek jou buite sodat hulle kan aanval.”

Die Brakpan SAPD het inwoners van die dorp gewaarsku oor ‘n ou skelmstreek wat nou weer kop uitsteek en wat booswigte gebruik om mense uit hul huise te lok.

Volgens kapt Joep Joubert, woordvoerder vir die Brakpan SAPD lok kriminele snags inwoners uit die veiligheid van hul huise deur ‘n buitekraan oop te draai.

“Dit is logies dat ‘n mens sal ondersoek instel indien jy ‘n kraan hoor loop en dit is presies wat die kriminele wil hê.

“Hulle soek jou buite sodat hulle kan aanval,” het Joubert gesê.

Joubert het inwoners gemaan om uiters versigtig te wees en verdagte bedrywighede aan die SAPD te reporteer.

Lees ook:

Polisie soek inligting

PHOTOS AND VIDEO: Suspected burglar shot dead after attempting to break into house

Shop assistants tied up during robbery 

Dief byt vrou se ring van haar vinger af

Related Articles

Back to top button