LettersOpinion

Bome op sypaadjie versper sig

Inwoner van Brenthurst skryf: Ek verwys na die brief in die Herald van 12 Februarie. (Knap gedaan Ekurhuleni).

Ek sou graag dieselfde wou sê maar, ongelukkig, na ‘n jaar se skriftelike aansoeke om die bome op my sypaadjie te snoei, het ek nog geen reaksie gekry nie.

Ek het die Parke-afdeling in November 2015 besoek en daar is aan my gesê dat die werk agter is, as gevolg van beperkte toerusting.

Ek bly digby ‘n besige kruising in Prince Georgelaan.

Die laaghangende bome skep vir my ‘n probleem, want ek kan nie die aankomende verkeer sien wanner ek by my erf uitry nie.

Afgesien daarvan het al die struike in my erf reeds gevrek as gevolg van die beboste sypaadjie en oorhangende takke.

Lees ook:

Hotel moet liewer gesloop word

Tuinvullis ontsier die buurt

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button