Local newsNews

Fasiliteit benodig meubels

Planne om ’n nuwe plek van veiligheid op die been te bring is fluks aan die gang en die opening van die fasiliteit sal binnekort geskied.

Die Jabes Care Centre sal kinders vanaf die ouderdom van sewe tot 14 jaar huisves en is geregistreer as ’n nie-winsgewende organisasie.

Omdat dit ’n plek van veiligheid is, kan die spesifieke ligging daarvan nie bekend gemaak word nie, maar dit sal wel in Brakpan-sentraal geleë wees.

Die stigters van die Jabes Care Centre het versoek dat die publiek meubels (veral beddens), beddegoed, gordyne en enige ander huishoudelike items skenk.

Die persone wat aan die hoof van die projek staan het jarelange ondervinding en gee die versekering dat alle goedere wat geskenk word, reg aangewend sal word.

Belangstellendes kan vir Frederik Loubser kontak by 083 748 9958.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button