Local newsNews

Inwoners samel water by die liters in

Inwoners van die dorp het die afgelope paar dae duisende liters water bymekaar gemaak om projekte, waar water vir drootegetysterde gebiede bymekaar gemaak word, te ondersteun.

 

Dit is algemene kennis dat daar groot nood in sekere dele van die land heers, as gevolg van droogte toestande, en dat veral boere bitter swaar kry.

Verskeie instansies, besighede en individue het besluit om nie langer hande gevou te sit en toe te kyk hoe die situasie versleg nie, maar om oplossings te vind.

Duisende liters water word die afgelope tyd ingesamel en na gebiede, wat die ergste geraak word, vervoer.

Leerders van die Laerskool Brakpan-Oos het te hore gekom van ‘n bekende radiostasie se projek om water bymekaar te maak en verlede week het die skool in ‘n japtrap 737 liters water ingesamel.

Die hoofseun en -dogter van die skool, Franco Oosthuizen en Suné Milligan, het saamgery toe die water die naweek by die radiostasie afgelaai is.

“Ons is bly dat ons ook ons deel kon doen; elke bietjie help,” het Franco gesê.

Nog ‘n inwoner van die dorp, Judy Greyling (38), van die Dalpark Een Inwoners Assosiasie (Residents Association) het verlede week besluit om skouer aan die wiel te sit en ook water bymekaar te maak.

Sy het die woord onder die inwoners van Dalpark Een versprei en gevra dat water by haar huis afgelewer word.

“Die inwoners het fantasies gereageer,” het sy gesê.

“Ek het baie gou by my huis geen meer spasie gehad nie, en ons moes die kollektepunt na die sekuriteitskamer by die ingang van die kompleks verskuif,” het Judy vertel.

Die inwoners het binne ‘n week se tyd meer as 3 000 liters water bymekaar gemaak.

Judy, wat ‘n aktiewe lid van Water Shortage South Africa is, het gereël dat die water Sondag opgelaai is, waarna dit na droogtegetysterde gebiede soos Zaston, Senekal en Winburg vervoer is.

Sy het die voorsitter van die Dalpark Inwoners Assosiasie, Bart Zaayman, bedank vir al die hulp wat hy verleen het om van die projek ‘n sukses te maak.

“Daar was ook inoners soos Jane Swamers, wat baie hard gewerk het om water aan te ry en te sorg dat alles glad verloop,” het Judy gesê.

“Ek het baie vriende in die Vrystaat en ek weet hulle kry bitter swaar. Dit help nie om ander pad te kyk nie. Ons moet saamstaan en help waar ons kan.”

Lees ook:

Laerskool Brakpan-Oos leerders skenk honderde liters water

Related Articles

Back to top button