CrimeEditor's choiceNews

Kriminele gebruik deurentyd nuwe metodes

Met die feesseisoen op hande word huis- en motoreienaars gewaarsku om ekstra versigtigheid aan die dag te lê.

Kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, het gesê dat daar die afgelope tyd beslis ‘n skerp toename in huisbrake en motordiefstalle was.

Die afgelope naweek is vyf voertuie gesteel (een daarvan was ‘n kaping).

Daar is ook vanaf Vrydag tot Sondag by vier huise ingebreek. (Lees meer hiervan in die Weekend crime round-up)

Joubert het die publiek aangeraai om onder geen omstandighede te gerus te raak nie.

“Daar is skelms daarbuite wat voortdurend met nuwe planne en metodes vorendag kom om mense se eiendom in die hande te kry,” het Joubert gesê.

Hy het ook bygevoeg dat enige verdagte persone of situasies sonder twyfel by die SAPD aangemeld moet word.

Dit is ook raadsaam om die sektor voertuie se telefoonnommers byderhand te hou.

Die nommers word gereeld in die Herald gepubliseer.

Die polisiestasie se telefoonnommer is 011 744 4940.

Lees ook:

Two robbers nabbed

SAPS arrest 29 suspects

Conmen arrested for fake notes

Pensioner robbed by bogus Ekurhuleni workers

Car chase nets four armed business robbers

EMPD cracks down on outstanding warrants

Crackdown on Brakpan drug dealers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button