Editor's choiceLocal newsNews

Help die DBV tydens die feesseisoen

Met die feesseisoen wat om die draai is, rig die Brakpan DBV 'n beroep aan die publiek om te help om broodnodige fondse in te samel.

Read the English version here

Die Brakpan DBV ondervind dat hulle hondehokke oorvol is tydens Kerstyd en hulle het ‘n fondsinsamelingsveldtog geloods, bekend as die Christmas Cheer Fund.

Die doel van die Christmas Cheer Fund is om fondse in te samel om voorsiening te maak vir al die diere wat kos moet ontvang en om Kersfees lekkernye te gee aan al die troeteldiere wat verlate, mishandel of verdwaald is tydens die feesseisoen.

“Inwoners gaan op vakansie en tref nie reëlings aangaande hul troeteldiere nie en die DBV tree dan in om te sorg vir die diere,” sê Ann Martin, fondswerwer van die Brakpan DBV.

“Troeteldiere word ook vermink en beseer as gevolg van vuurwerke tydens die vakansie en die DBV is aan diens om te help, dus het ons ander mense se hulp ook nodig.

“Ons vra die publiek en diereliefhebbers om diep in hul sakke te grou om hierdie fondsinsameling te ondersteun.”

Die gemeenskap word aangemoedig om betrokke te raak deur donasies na die Brakpan DBV, in Denneweg, te neem, of om donasies in die vereniging se bankrekening te plaas, by:

Brakpan SPCA,

Standard Bank Tak 2042,

Rekening Nommer 20922094

Begunstigde verwysing: Christmas Cheer en jou naam/anoniem (dit is baie belangrik dat daar aangedui word dat die betaling vir die Christmas Cheer Fund is).

E-pos ‘n afskrif van jou bewys van betaling, insluitend jou opsionele kort boodskap, na Ann, by spca159@gmail.com.

E-pos ook die bewys van betaling, met jou kort boodskap, na malissas@caxton.co.za, sodat elke borg (of dit ‘n individu, skool, organisasie of ‘n besigheid is) erken kan word in die Herald.

Die Christmas Cheer Fund sal aanhou tot aan die einde van Desember.

Vir meer inligting oor die fondsinsameling, kontak Ann by 082 909 5612.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button