CrimeEditor's noteNews

Deurtrapte diewe teiken Kinderhuis weer

Diewe het Dinsdag in die vroeë oggendure weer by die East Rand Children's Haven in Brenthurst toegeslaan.

Die Herald het verlede week berig dat daar laas Saterdagnag ook by die kinderhuis ingebreek is. (Kinderhuis deur inbrekers geteiken).

Die kinderhuis huisves 21 kinders tussen die ouderdomme van vyf en 18 jaar wat wees gelaat is, wat uit die sorg van hul ouers verwyder is of in sommige gevalle mishandel is.

Verlede Saterdag is van die kinders se klere, twee fietse asook twee industriële strykysters gesteel.

Dinsdagoggend, ongeveer 4vm, het een van die versorgers ’n geluid in die huis gehoor en die alarm geaktiveer.

Dit was egter te laat aangesien die inbrekers reeds ’n venster oop geforseer het en toegang tot die huis verkry het.

Hulle kon daarin slaag om met een fiets weg te kom.

“Twee van die kinders het ook die vorige dag hul tekkies gewas en dit gelaat om droog te word. Dit is ook gesteel,” het Wendy Murphy, program direkteur van die kinderhuis gesê.

Die diewe het toegang tot die perseel verkry deur die palisade aan die agterkant van die kinderhuis af te sny en oop te buig.

“Dit is baie kommerwekkend en uit die aard van die saak word die kinders elke keer erg ontstel,” het Murphy gesê.

Die voorval is by die SAPD aangemeld.

Lees ook:

Dief vergiftig hond, breek motorhuis oop

Inbrekers bind Minnebron egpaar vas in bed

Family survives armed robbery

Related Articles

Back to top button