CrimeEditor's choiceNews

Man wat homself aan skoolkinders ontbloot word gevang

’n 38-jarige man wat homself die afgelope twee jaar aan skoolkinders ontbloot het, en na bewering selfs gepoog het om ’n kind in sy motor in te trek, is Woensdagmiddag gearresteer.

Die deurbraak het gekom nadat die bevelvoerder van die Ekurhuleni Metro Polisie se Berede-eenheid die verdagte naby ’n skool in Gardenerlaan gesien het. Hy was glo besig om ’n laerskoolkind te agtervolg.

“Supt. Coert Jordaan het ’n silwer grys Opel Corsa bakkie opgemerk,” het supt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni Metro Polisie, gesê.

“Die modus operandi van die man was glo om sy voertuig naby, veral laerskole te parkeer, en dan kaal in die voertuig te sit. Die man sou dan na bewering jong kinders agtervolg en hulle nader roep om te kyk hoe hy homself bevredig,” het Kgasago verduidelik.

Volgens rekords by die Brakpan polisiestasie is daar ten minste 30 voorvalle aangemeld waarby die man moontlik betrokke kan wees.

“Supt. Jordaan het Woensdagmiddag onraad vermoed toe hy opgemerk het dat die Opel Corsa bakkie stadig agter ’n laerskoolmeisie aangery het,” het Kgasago gesê.

Die voertuig waarin die verdagte Woensdagmiddag gearresteer is.
Die voertuig waarin die verdagte Woensdagmiddag gearresteer is.

“Jordaan was geskok toe hy die man voorgekeer het en gesien het dat hy kaal was en besig was om te masturbeer,” het Kgasago bygevoeg.

Die man is, in samewerking met adj-off Jan Roos van die Brakpan anti-kapingseenheid, gearresteer en aangekla van publieke onsedelikheid.

Kapt. Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, het gesê dat ’n indiepte ondersoek sal volg en enige persone met meer inligting word versoek om vir die speurder, adj-off Anton Strydom, by 011 741 4800 te kontak.

Die verdagte sal binnekort in die Brakpan Landdroshof verskyn.

Lees ook:

Man sonder broek lok seun (9) uit

Ontbloter laat vroue skrik

Man ontbloot hom voor skoolkind

Related Articles

Back to top button